Die koningmakriel of katonkel (Scomberomorus commerson) is 'n vis wat aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika en Mosambiek voorkom. Die vis is lenig met vele donker dwarsstrepe op die sye. Dit het skerp driehoekige tande. Dit kan tot 2 m lank word en weeg dan 46 kg. Dit is 'n gewilde sportvis en kom aflandig by riwwe voor. In Engels staan die vis bekend as die Couta of King mackerel.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bronne First Field Guide to Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst. 1999. Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. Gids tot die kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.

Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Scomberomorus-commerson.html

Kategorie:Beenvisse