Die Wahoo (Acanthocybium solandri) is 'n vis wat aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika en Mosambiek voorkom. In Engels staan die vis ook bekend as die Wahoo.

Voorkoms Die vis het 'n lang, lenige lyf en is blinkblou tot pers aan die bokant, silwerwit onder en het donder vertikale strepe oor die lyf. Dit kan tot 2.1 m lank word en weeg dan 36 kg.

Habitat Die vis kom voor in oopwater naby riwwe. Die vis jag alleen en soms in los groepe. Hulle vreet vis. Dit is 'n baie vinnige vis en kan tot 75 km/h haal. Dit is 'n gewilde hengelvis en die IGFA rekord is 72 kg.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bronne Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Acanthocybium-solandri.html

Kategorie:Beenvisse