Lothair is klein dorpie in Mpumalanga, Suid-Afrika. Dit is sowat 30 km noordwes van Amsterdam.

Geskiedenis Die dorpie is in 1878 deur ST Erskine opgemeet. Hy het op die naam Lothair besluit, na die titel van 'n roman deur die graaf van Beaconsfield.

Distrik 'n Takspoorlyn vanaf Ermelo eindig hier. Daar is groot wattelplantasies in die omgewing.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika New Scotland

Verwysings

Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga