Die Streephaai (Poroderma africanum) is 'n haai en endemies aan Suid-Afrika. Dit kom voor aan die Suidkus, van Valsbaai tot by die Transkei. Die haai het sewe donker horisontale strepe op sy bolyf en is 'n bodembewoner. Hy word by rotsriwwe aangetref en word 95 cm lank. Die eier word in 'n eierkapsule, bekend as 'n meermin- of haaibeursie, gelê. In Engels staan die haai bekend as Striped cat shark en ook as Pyjama shark.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bronne Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.

Verwysings

Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Poroderma-africanum.html

Kategorie:Haaie