Die bruinhottentot (Pachymetopon grande) is 'n endemiese vis wat van Valsbaai tot by die Transkei aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom. In Engels staan dit bekend as die Bronze bream.
Voorkoms Die vis se lyf is bronsbruin van kleur met 'n klein koppie wat 'n blouerige skynsel het. Hulle kan tot 70 cm lank word en weeg dan 8,7 kg.
Habitat Die vis kom voor in aanlandige rotsriwwe van tot 25 m diep. Hulle vreet hoofsaaklik rooi en groen alge. Die wyfies skiet kuit van Januarie tot Junie. Dit is 'n gewilde eetvis.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronne Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.
Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Pachymetopon-grande.html http://eol.org/pages/213856/overview
Kategorie:Beenvisse