Die geelpensklipkabeljou (Epinephelus marginatus) is 'n vis wat slegs aan die ooskus van Suid-Afrika en Mosambiek voorkom. Die vis is bruin met 'n geel pens en het wit-groen vlekke op die rug en sye. Dit word tot 1.5 m lank en weeg dan 26.7 kg. Die vis kom voor in diep rotsriwwe. Dit is 'n gewilde lynvis.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Epinephelus-marginatus.html

Bronne Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.

Kategorie:Beenvisse