duimnael|links|240px|'n Tierhaai wat in 1966 in Oahu, Hawaii gevang is. Die tierhaai (Galeocerdo cuvier) is 'n groot haaispesie wat vanaf Valsbaai tot by Mosambiek aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom. Dit is een van die min haaie wat gevaarlik is vir mense. In Engels staan die haai bekend as die Tiger shark.

Die volwasse haaie het donkerder, vertikale strepe oor die rug. Hulle het 'n knipvlies ('n membraan wat oor die oë kan beweeg), twee rugvinne, 'n buikvin en vyf kieusplete. Die tierhaai het ook 'n opvallende kort en stomp snoet. Die haai word tot 5,5 m lank en 900 kg swaar. Uitskieters kan nog groter en swaarder word, maar dit is uiters skaars.

Die tierhaai behoort aan die familie Carcharhinidae en is die enigste spesie in die genus Galeocerdo.

Dié haai is 'n gewilde toeriste-aantreklikheid vir skubaduikers by die Aliwal-bank.

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bronne Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. . Gids tot die kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. .

Eksterne skakels

http://fishbase.org/summary/Galeocerdo-cuvier.html

Kategorie:Haaie