SVV is 'n sokkerspan in Schiedam, Nederland. Die span speel tydens die 2011/12-seisoen in die Derde klasse (die sewende afdeling in Nederland). Vroeër het die span in die Eredivisie en Eerste divisie gespeel en het in 1949 selfs die Nederlandse kampioenskap en die eerste Nederlandse Supercup gewen. SVV het in 1991 uit die professionele sokker verdwyn na 'n saamsmelting met Dordrecht '90 tot SVV/Dordrecht '90. Die saamsmelting is na baie jare weer afgeskuif, waarna SVV weer onafhanklik as sokkerklub bestaan.

Erelys Kampioen Nederland (1) 1948/49 Kampioen Eerste divisie (2) 1968/69, 1989/90 Johan Cruijff Schaal (1) 1949

Beroemde sokkerspelers en afrigters Spelers Winston Bogarde Dick van Dijk

Afrigters Dick Advocaat

Kategorie:Schiedam Kategorie:Nederlandse sokkerklubs Kategorie:Voormalige Nederlandse Professionele Sokkerklubs