Yarrowstadion is 'n groot stadion in die sentraal geleë voorstad Westown in Nieu-Plymouth, Nieu-Seeland. Voertuie kan die stadion vanaf Maratahu-straat bereik.
Die stadion word hoofsaaklik deur die Taranaki-rugbyspan, die span wat hulle in die ITM-beker verteenwoordig, gebruik. Die stadion word ook soms ingespan vir superrugbywedstryde vir die Hurricanes, alhoewel hulle tuisveld in Wellington is. Verskeie wedstryde is gedurende die Rugbywêreldbeker 2011 hier gespeel.
Wedstryde Rugbywêreldbeker 2011 Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2011. DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 11 September 2011 18:00 22–10 Groep C 20 823 15 September 2011 19:30 6–13 Groep C 13 931 26 September 2011 19:30 81–7 Groep D 13 710
Kategorie:Krieketstadions in Nieu-Seeland Kategorie:Rugbystadions in Nieu-Seeland Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions Kategorie:Sokkerstadions in Nieu-Seeland