Lohatlha is 'n klein dorpie in die Noord-Kaap, Suid-Afrika ongeveer 30 km noord van Postmasburg. Die naam beteken: plek van die vaalbos.
Geskiedenis Neerslae mangaan en ystererts is in die 1920's op die oorspronklike plaas ontdek. Albei minerale word nog gemyn. Die dorp is ook bekend as die basis van die Suid-Afrikaanse Leër se Gevegskool wat in 1978 hier gestig is. Hier was verskeie militêre oefeninge gehou in die verlede.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bron Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap