Addo (ook bekend as Kommandokraal) is 'n klein nedersetting in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie lê op die R335 hoofweg en is ook 'n spoorweghalte op die hooftrajek vanaf Port Elizabeth na die noorde.
Dit is een van die ingange na die Addo-Olifant Nasionale Park. Die naam word ook gedra deur 'n spoorwegstasie, poskantoor en 'n brug. Dit is van Khoikhoi oorsprong en beteken waarskynlik "melkboskloof".
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap