’n Saak van Geloof is ’n Afrikaanse rolprent wat op 9 September 2011 in teaters dwarsoor Suid-Afrika begin draai het. Die film is in Prins Albert in die Karoo geskiet. Die regisseur is Diony Kempen (die is haar debuutrolprent).Prent oor wonderwerke begin belowend, verloor fut, Die Burger, 8 September 2011
Genre Die rolprent is ’n drama. Dit het geen ouderdomsperk nie, maar ouerleiding word aanbeveel.
Hoofrolspelers Robbie Wessels Lelia Etsebeth Sophia Wessels Vanessa Lee Niekie van den Berg as die dominee (sy rolprentdebuut) Reana Nel (haar rolprentdebuut) Michael Brunner (van Isidingo-faam) en andere.
Storielyn Die mense in ’n Karoodorpie reageer met skok toe ’n jong meisie aankondig dat sy swanger is, maar dat dit ’n vleklose ontvangenis is. Die plattelandse gemeenskap word dan met alles waarin hulle glo gekonfronteer. Die rolprent is op ’n manier ’n hedendaagse hervertelling van die Christus-verhaal, en ’n versugting na ’n tyd toe wonderwerke nog aan die orde van die dag was.
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Verwysings
Eksterne skakels Die rolprent se amptelike webtuiste
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente