duimnael|links|Wedstryd tussen Samoa en Namibië tydens die Rugbywêreldbeker 2011 Die Rotorua Internasionale Stadion is 'n veeldoelige stadion in Rotorua, Nieu-Seeland. Die stadion is teenaan Devon Street West in die voorstad Westbrook geleë.

Die stadion het 'n kapasiteit van 34 000 toeskouers. Dit is oorspronklik in 1911 gebou, en is sedertdien verskeie kere opgegradeer. Die stadion het 'n bedekte pawiljoen wat tot 4 000 mense sitplek kan bied, asook 'n beton-sitarea aan die westekant van die veld.

Die stadion word hoofsaaklik vir rugbywedstryde ingespan en is een van die twee tuisvelde van die Bay of Plenty-span (rugbyunie). Tydens die Rugbywêreldbeker 1987 is in die stadion die klein finale vir die derde plek tussen Australië en Wallis beslis. Verskeie wedstryde is ook tydens die 2011 Rugbywêreldbeker hier gespeel.

Sagtebalbane is aan die noordekant van die stadion geleë.

Wedstryde Rugbywêreldbeker 1987 Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 1987. DatumSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 18 Junie 1987 21–22 Klein finale 29 000

Rugbywêreldbeker 2011 Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2011. DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 10 September 2011 15:30 49–25 Groep D 10 100 14 September 2011 14:30 49–12 Groep D 12 752 25 September 2011 18:00 62–12 Groep C 25 661

Rugbyliga-toetswedstryde Toets# Datum Uitslag Toeskouers Notas 1 16 Julie 1989 versl. 8–0 26 000 Gespeel as deel van die 1989 Trans-Tasmansee Toetsreeks 2 5 Oktober 1996 versl. 62–8 4 800 3 14 Oktober 2009 versl. 42–24 8 000 4 30 Oktober 2010 versl. 76–12 6 000 Gespeel as deel van die 2010 Viernasies

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf

Kategorie:Rugbystadions in Nieu-Seeland Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions