duimnael|links|Wedstryd tussen Georgië en Roemenië tydens die Rugbywêreldbeker 2011 Die Arena Manawatu is 'n 180 000 vierkante meter publieke kompleks net wes van Palmerston North se stadskern in Nieu-Seeland. Die kompleks het drie binnenshuise stadions, met skuifbare en gelaagde sitplekke. Fasiliteite in die buitelug sluit 'n sokkerveld en renbaan in.
Hulle beweer dat hul ongeveer 8000 besprekings per jaar hanteer, vir 36 verskillende sportsoorte voorsiening maak, bykomend tot die jaarlikse of ander ongereelde gebeurtenisse soos die "A & P Show", godsdienstige konvensies en feeste wat hier plaasvind.
'n Aantal internasionale wedstryde is al hier aangebied, onder andere Netbal tussen Nieu-Seeland en Engeland, Superrugbywedstryde en die Hyundai A-liga wedstryd (sokker). Verskeie wedstryde is gedurende die Rugbywêreldbeker 1987 en die Rugbywêreldbeker 2011 hier gespeel.
Wedstryde Rugbywêreldbeker 1987 Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 1987. DatumSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 29 Mei 1987 16–29 Groep B 19 000
Rugbywêreldbeker 2011 Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2011. DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 28 September 2011 19:30 25–9 Groep B 13 228 2 Oktober 2011 13:00 25–7 Groep B 13 754
Rugbyliga-toetswedstryde Toets# Datum Uitslag Toeskouers Notas 1 24 Junie 1990 Groot-Brittanje versl. 11–10 8 073 Gespeel as deel van die 1990 Groot-Brittanje se Leeus-toer 2 12 Julie 1992 versl. Groot-Brittanje 15–14 11 548 Gespeel as deel van die 1992 Groot-Brittanje se Leeus-toer deur Australasië 3 25 Junie 1993 versl. 16–8 19 500 Gespeel as deel van die 1993 Trans-Tasmansee Toetsreeks 4 16 Junie 1995 gelykop met 16–16 10 846 Gespeel as deel van die 1991 Franse rugby league-toer deur Nieu-Seeland 5 11 Oktober 1996 versl. 64–0 2 000 Gespeel as deel van die 1996 Nieu-Seeland teen Papoea-Nieu-Guinee-reeks 6 25 Oktober 1996 versl. Groot-Brittanje 18–15 12 000 Gespeel as deel van die 1996 Groot-Brittanje se Leeus-toer
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Rugbystadions in Nieu-Seeland Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions