duimnael|links|260px|Uitsig oor die dam vanuit die suide Die Blyderivierspoortdam is 'n dam in die Blyderivier (Motlatse) in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die dam is in 1974 voltooi. Dit het 'n bakmaat van 54 miljoen m3 agter 'n wal wat 72 m hoog is. Die dam is in 'n natuurreservaat van 227 km2 geleë.Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Die dam se hoofdoel is om stabiele watervloei vir die besproeiing van die distrik se boorde en landerye te voorsien. Dit verskaf ook bykomende water vir mynbou en nywerheid aan Phalaborwa.

In 1965 is die gemeenskap wat op die terrein van die voorgestelde dam gewoon het (met vergoeding) hervestig. Die regering het hulle na nabygeleë dorpe, insluitend Buffelshoek, Acornhoek, Beverleyshoek en Bosbokrand, verskuif. Van die oorspronklike klip-ommuurde nedersettings, kulturele voorwerpe en grafte is tans onder water.

Sien ook Blyderivierspoort-natuurreservaat Blyderivierspoort Blyderivier Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Mpumalanga