Siyabuswa is 'n digbevolkte dorp in Mpumalanga, op die grens van Limpopo, Suid-Afrika. Volgens die 2011-sensus het die nedersetting 'n bevolking van 36 882 gehad, waarvan 36 686 (99.5%) Swartes was.

Vervoer Die R573 streekroete (ook genoem die Moloto-pad) wat Pretoria met die N11-nasionale pad by Marble Hall verbind, gaan deur Siyabusa.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga