Noxolo Kiviet (gebore 21 Julie 1963, Oos-Londen) is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Sy was vanaf 2009 tot 2014 die premier van die Oos-Kaap, nadat sy sedert 2004 in die Oos-Kaapse Provinsiale Wetgewer gedien het.

Kiviet is 'n lid van die regerende African National Congress. Na die algemene verkiesing van Mei 2019 het Kiviet 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika geword. Sy is deur president Cyril Ramaphosa as adjunkminister van openbare werke en infrastruktuur aangewys. Sy neem op 30 Mei 2019 die amp aan en dien saam met minister Patricia de Lille. In Maart 2023 is sy bevorder tot Minister van Staatsdiens en Administrasie. Sy het in hierdie pos gedien tot 17 Junie 2024, waarna sy opgevolg is deur Elphas Mzamo Buthelezi.

Opleiding Sy het 'n B.Admin asook 'n B.Admin (honneurs) aan die Universiteit van Fort Hare behaal. In 2010 was sy een van die belangrikste gegradueerdes aan Fort Hare, met die toekenning van die Meestersgraad in Publieke Administrasie. In 'n onthulling deur ondersoekende joernalistiek-organisasie is vrae geopper oor die geloofwaardigheid van haar beweerde opleiding.https://www.youtube.com/watch?v=qy-JplV7RTI

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1963 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Oos-Kaap Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Suid-Afrikaanse politici