Griekwastad is 'n dorp in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die N8 nasionale pad gaan deur Griekwastad. Kimberley is ongeveer 150 km oos van Griekwastad. Dit was die eerste dorp wat in die land noord van die Oranjerivier gestig is.

Adam Kok Adam Kok II, 'n bevryde slaaf, het die Griekwa Khoihoi gelei vanaf Piketberg na die huidige Griekwastad. Adam het in die kombuise gewerk van die goewerneurs van die Kaap. Soos die blanke nedersetters meer die binneland in beweeg het, het Adam en die Griekwas al verder weg beweeg totdat hulle gedurende ongeveer 1800 hulself in die gebied van Griekwastad gevestig het. Daar het sommige fragmente van die Tswanas en Basters by hulle aangesluit.

Londense Sendinggenootskap Die Londense Sendinggenootskap het gedurende 1802 'n sending skool by "Leeuwenkuil" geopen. Die eerste sendelinge was William Anderson en Cornelius Kramer. Om weg te kom van die leeus wat 'n nabyleë watergat besoek het, het hulle die sendingstasie na Klaarwater verskuif. Klaarwater se naam is in 1813 na Griekwastad verander.

Griekwastaddistrik Die distrik is bees- en skaapwêreld en 'n verskeidenheid halfedelstene kom in die omgewing voor, veral tieroog. Boesmankuns kom op verskeie plekke in die distrik voor.Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995

Misdaad Op 6 April 2012 (Goeie Vrydag) is die Griekwastad-boer Deon Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en hul dogter Marthella (14) vermoor. Later is daar ook bevind dat Marthella gedurende die laaste 24 uur van haar lewe verkrag is. Uiteindelik is die gesin se enigste oorlewende, die vyftienjarige Don Steenkamp, wat 'n aansienlike erfenis sou kry, daarvan verdink en beskuldig dat hy sy pa vermoor het. In 2014 is hy skuldig bevind aan die moorde, aan die verkragting van sy suster en aan die lieg vir die polisie en tot twintig jaar tronkstraf gevonnis.

Sien ook NG gemeente Griekwastad Lys van dorpe in Suid-Afrika Esterhuysen, Matty: Unieke sendinggeld. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 18, nr. 1, September 1968

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap