Thabana Ntlenyana (Sotho vir: "Pragtige klein bergie") is die hoogste punt in Lesotho en die hoogste bergpiek (3 482 m) in Suider-Afrika en die Drakensberge. Die piek is net noord van die Sanipas in die Drakensberge, in oostelike Lesotho net wes van die grens met die Suid-Afrikaanse provinsie KwaZulu-Natal geleë, en kan slegs via die Sanipas bereik word.Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus 1995
duimnael|links|Thabana Ntlenyana soos gesien vanaf die Giants Castle-rif Dit bestaan uit basalt en word omring deur soortgelyke hoë berge; die punt is nie baie uitgesproke nie. Naby Thabana Ntlenyana vloei die boloop van die Oranjerivier wat in die Atlantiese Oseaan uitloop.
Thabana Ntlenyana is die hoogste berg in Afrika suid van Kilimandjaro in Tanzanië.
Sien ook Lys van bergpieke in Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Berge van Lesotho Kategorie:Berge van Suid-Afrika Kategorie:Drakensberge