Die Bitou Plaaslike Munisipaliteit (voorheen bekend as die Plettenbergbaai Plaaslike Munisipaliteit) is een van die plaaslike munisipaliteite in die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap, Suid-Afrika.

Sedert November 2021 is die burgemeester Dave Swart (DA).

Nedersettings Nedersettings in die munisipaliteit: Keurboomstrand Kranshoek Kurland Kwanokuthula Nature's Valley New Horizons Plettenbergbaai Wittedrif

Kategorie:Plaaslike Munisipaliteite in die Wes-Kaap