Die Langeberg Plaaslike Munisipaliteit (voorheen Breederivier/Wynland Plaaslike Munisipaliteit) is een van die plaaslike munisipaliteite in die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap, Suid-Afrika.

Nedersettings Nedersettings in die munisipaliteit: Ashton (setel) Bonnievale McGregor Montagu Robertson

Wapen Die munisipale raad het in 2002 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: Gedeel [in blou en silwer], regs, 'n goue druiwetros met twee blare, links 'n blou horing van oorvloed gevul met vrugte van natuurlike kleur; op 'n golwende skildhoof gedeel en hoekig deursnede van blou en silwer drie gekanteelde pieke van die een in die ander. Die helmteken is 'n rustieke muurkroon, en die wapenspreuk is Diens - ukukhonza - service.http://www.national.archsrch.gov.za

Verwysings

Kategorie:Plaaslike Munisipaliteite in die Wes-Kaap