Die Kowynspas is 'n bergpas in Mpumalanga, Suid-Afrika en dra die R533-streeksroete oor die Drakensberg. Die pas is vernoem na Kowyn, 'n Sothohoofman wat in die nabyheid gewoon het. Die pas is op 3 Oktober 1959 geopen. Dit begin net buite Graskop op 'n hoogte van 1 448 m en val dan 500 m teen 'n helling van 1:14 tot by Bosbokrand. B.P.J. Erasmus: Op Pad in Suid-Afrika. 1995.
Verwysings
Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Drakensberge Kategorie:Mpumalanga