Die Hessequa Plaaslike Munisipaliteit is een van die plaaslike munisipaliteite in die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit is in 2000 as die Langeberg Plaaslike Munisipaliteit gestig, en het sy naam in 2005 verander. Die Breërivier/Wynland munisipaliteit het later die naam "Langeberg" oorgeneem.

Nedersettings Nedersettings in die munisipaliteit Albertinia Askraal Brandrivier Gouritsmond Groot-Jongensfontein Heidelberg Port Beaufort Reisiesbaan Renier Riversdal (setel) Slangrivier Stilbaai met Stilbaai-Oos en Stilbaai-Wes Vermaaklikheid Witsand

Wapen Die munisipaliteit gebruik 'n skynheraldiese "wapen" wat die volgende toon: 'n aalwyn (waarskynlik uit Heidelberg se voormalige dorpswapen), 'n ander plant, 'n bergreeks, 'n seiljag (waarskynlik uit Stilbaai se voormalige dorpswapen), golwende wit en blou dwarsbalke, en 'n ploeg. Bo die skild is 'n bokkop, en onder die skild die naam "Hessequa" (voorheen "Langeberg") op 'n krul.http://www.hessequa.gov.za

Verwysings

Kategorie:Plaaslike Munisipaliteite in die Wes-Kaap