Kerkrade (Ripuaries: Kirchroa, Limburgs: Kèrkrao(j) of Kirkrao, Duits: Kirchrath) is 'n dorp en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat aan die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale grens. Die munisipale gebied het sowat 47 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 22 km². Kerkrade is in drie wyke verdeel: Kerkrade-West, Kerkrade-Noord en Kerkrade-Oost.

Kerkrade het 'n professionele sokkerspan: Roda JC.

Saam met die Duitse buur-munisipaliteit Herzogenrath vorm Kerkrade die simboliese Europastad Eurode.

In Kerkrade en Herzogenrath word Kerkraads gepraat, wat 'n variant van die Ripuariese dialek is, maar deur die Kerkrade se inwoners as 'n variant van die Limburgse dialek beskou word.

Plekke Plekke in die munisipale gebied van Kerkade: Bleijerheide, Chevremont, Erenstein, Eygelshoven-Kom, Gracht, Haanrade, Heilust, Holz, Hopel, Kaalheide, Kerkrade-Centrum, Mucherveld, Nulland, Rolduckerveld, Spekholzerheide, Terwinselen, Vink en Waubacherveld.

Geboortes Ralf Krewinkel (1974), politikus Heintje Simons (1955), sanger

Eksterne skakels

Die amptelike webwerf van die munisipaliteit

Kategorie:Nedersettings in Limburg (Nederland) Kategorie:Grense van Nederland