Die Long Tompas is 'n geteerde bergpas in Mpumalanga, Suid-Afrika. Dit verbind Lydenburg met Sabie via die R37-hoofpad oor die Drakensberg. Die pas dra die naam van die bekende Long Tomkanonne wat die Boere teen die Britte gebruik het gedurende die Tweede Vryheidsoorlog.
duimnael|links|240px|Replika van 'n Long Tomkanon langs die pas tussen Lydenburg en Sabie. Geskiedenis Die Voortrekkers het lank die droom gehad om 'n pad na Lourenço Marques (tans bekend as Maputo) te open. Lourenço Marques was nie onder Britse beheer nie. Die Drakensberg was egter 'n groot hindernis om die droom te bewaarheid. Toe goud gevind word by Lydenburg gedurende 1873 het die togryers 'n pad na Lourenço Marques gebou (200 km ver) bekend as die 'hawepad'. Gedurende 1871 het die Transvaalse Volksraad £3 000 bewillig vir die bou van 'n pad. Die kontrak is aan Abraham Espag toegeken. Sy pad het op baie plekke die ou 'hawepad' gevolg. Espag se pad is gedurende 1874 oopgestel.
Geografie Die geteerde pas is op 22 Julie 1953 in gebruik gestel. Dit is 55.6 km lank en bereik 'n hoogte van 2 150 m by sy hoogste punt. Van Sabie af klim die pad met 1 000 m en daal dan 670 m af na Lydenburg. Aan die Sabiekant is daar baie plantasies, terwyl die hoogtes en Lydenburgkant nog grootliks met onversteurde grasveld bedek is. Die Nelsrivier ontspring by die pas, en vloei dan suidwaarts na Nelspruit, waar dit by die Krododilrivier aansluit.
Sien ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika Long Tom- kanonmonument
Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. Padlangs deur Suid-Afrika. 2009.
Panorama duimnael|links|962x962px|Die pragtige uitsig vanaf een van die uitklimplekke op die pas.
Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Drakensberge Kategorie:Mpumalanga