Lindiwe Mazibuko (gebore 9 April 1980) is 'n Suid-Afrikaanse akademikus en 'n voormalige parlementêre leier van die amptelike opposisie, die Demokratiese Alliansie. Sy was die land se vierde jongste parlementslid, naas die ANC se Mduduzi Manana, COPE se Luzelle Adams en haar DA-kollega Masizole Mnqasela. Sy is deur sommige bestempel as 'n "opkomende ster in die parlement" en 'n moontlike toekomstige DA-leier. Sy is op 27 Oktober 2011 as die DA se parlementêre leier verkies nadat sy Athol Trollip net-net in 'n verkiesing verslaan het

Sy is in Mei 2014 deur Mmusi Maimane in die pos opgevolg toe sy kort ná die algemene verkiesing aangekondig het dat sy oorsee verder gaan studeer.Maimane is DA se nuwe parlementêre leier, Maroela Media, 26 Mei 2014 Sy het in Mei 2015 haar meestersgraad in Publieke Administrasie by die Harvard-universiteit in Boston verwerf. Sedert September 2015 is sy 'n ingeskrewe student aan die "Harvard Institute of Politics". Teen Oktober 2021, is sy die Uitvoerende Direkteur van die Apolitical Academy in Suid-Afrika.

Agtergrond Mazibuko het as deel van haar studie aan die Universiteit van Kaapstad 'n referaat oor die DA geskryf nadat die destydse leier Tony Leon in 2006 uitgetree het. Na voltooiing van haar studies aanvaar sy 'n pos by die DA as die party se media-skakelbeampte in die parlement.

Mazibuko is as parlementêre kandidaat vir die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2009 aangewys, nadat die party se leier, Helen Zille haar as 'n uitblinker beskryf het. Haar naam het derde op die DA se lys vir KwaZulu-Natal verskyn. Dit besorg haar 'n plek in die parlement nadat die DA hulle status as amptelike opposisie behou het. Sy is daarna as die DA se adjunk-skaduminister van kommunikasie aangestel, en het ook Donald Lee as die party se nasionale woordvoerder opgevolg.

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1980 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie Kategorie:Suid-Afrikaanse opposisieleiers