duimnael|regs|180px|Die Howickwaterval in November 2009.
Die Howickwaterval is 'n waterval in die Umgenirivier, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit is 111 m hoog.
Natuurreservaat Die terrein van 10 ha rondom die waterval is die eiendom van die plaaslike owerheid en is in 1951 tot natuurmonument verklaar. In hierdie reservaat is kolle met besondere plante, veral in die misgordel in die kloof onder die val. Hierdie inheemse bos is uniek in die provinsie en daarom van belang om te bewaar.
Flora Plante wat hier voorkom, is sikadeë en aalwyne tussen die wildevye, geelhout, witstinkhout, kiepersol, combretum (boswilg) en papierbasdoring.
Fauna Die bekendste diere in die reservaat is die blouduiker, kroonarend, reusevisvanger, gewone vleiloerie en die gewone boskraai. Endemiese visspesies is die Madagaskar-bontpaling en die skerptandbaber.
duimnael|links|180px|Die Howickwaterval.
Verwysings
Kategorie:KwaZulu-Natal Kategorie:Watervalle in Suid-Afrika Kategorie:Natuurreservate in KwaZulu-Natal