Alicedale is 'n spoorwegaansluiting in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Van hier swaai 'n takspoorlyn na Grahamstad vanaf die hoofspoorlyn tussen Johannesburg en Gqeberha. Die dorp was 'n spoorweg-opleidingskool gedurende die 19de en 20ste eeue, vandaar die pragtig bewaarde, historiese rooi siersteengebou wat nou die ontvangsarea van die hotel-oord op die dorpie huisves.
Alicedale is vernoem na mev. Alice Slessor (gebore Dale), die eggenote van die ingenieur in beheer van spoorkonstruksie. Die naaste twee dorpies is Riebeek-Oos en Paterson terwyl Grahamstad 45 km oos lê. Die Boesmansrivier vloei by Alicedale verby.
Daar is 'n puik 18-putjie gholfbaan by die Bushmans River Sands Hotel op die dorpie. Die hele baanuitleg is op die oewers van die Boesmansrivier, met verskillende waterhindernisse om te trotseer.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995 Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Eric Rosenthal 1967
Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap