Echt-Susteren (Limburgs: Ech-Zöstere) is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat grens aan die Belgiese provinsie Limburg (die Maas-rivier vorm o.a. hier die grens met hierdie Vlaamse provinsie) en die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale. Die munisipale gebied het sowat 32 000 inwoners (2019) en 'n oppervlakte van 105 km². Echt-Susteren is in 2003 gestig en gevorm uit die munisipaliteite Echt en Susteren. Eersgenoemde is die administratiewe setel van die nuwe munisipaliteit.

Plekke Plekke in die munisipale gebied van Echt-Susteren: Aasterberg, Baakhoven, Berkelaar, Dieteren, Echt, Echterbosch, Gebroek, Illikhoven, Kokkelert, Koningsbosch, Maria-Hoop, Nieuwstadt, Oevereind, Ophoven, Oud Roosteren, Pey, Putbroek, Roosteren, Sint Joost, Slek, Spaanshuisken, Susteren en Visserweert.

Eksterne skakels

Die amptelike webwerf van die munisipaliteit

Kategorie:Munisipaliteite in Limburg (Nederland)