Rosmead is 'n klein dorpie, eintlik 'n spoorwegaansluiting in die Oos-Kaap, Suid-Afrika baie naby Middelburg. Rosmead is in 1880 gestig en aanvanklik Middelburgweg genoem. Dit is later vernoem na lord Rosmead, Goewerneur van die Kaapkolonie.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.

Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap