Hierdie artikel handel oor die voormalige Franse geweste Lorraine. Vir ander artikels oor Lorraine, sien Lorraine (dubbelsinnig).

300px|regs|duimnael|Steenbrug oor die Mouzonrivier by Pompierre in die département Vosges 300px|regs|duimnael|Die munisipaliteit Landrecourt-Lempire in die département Meuse

Lotaringe of Lotharinge (Frans en Engels: Lorraine, Duits: Lothringen, Nederlands: Lotharingen) was een van die voormalige 27 Franse administratiewe geweste (Frans: régions) wat ingevolge die instelling van die geweste in 1956 opgerig is. Die gewes het sowat 2 350 000 inwoners (2008) en 'n oppervlakte van sowat 23 500 km² gehad. Die hoofstad was Metz.

Geografie Die voormalige Noordoos-Franse région Lotaringe grens aan België, die Groothertogdom Luxemburg en die Duitse deelstate Rynland-Palts en Saarland.

Lotaringe het bestaan uit vier départemente: Meurthe-et-Moselle (hoofstad Nancy) Meuse (hoofstad Bar-le-Duc) Moselle (hoofstad Metz) Vosges (hoofstad Épinal)

Die Maas-, Moesel-, Saar- en Meurthe-riviere vloei deur die gewes. In die ooste lê die westelike deel van die Vogese-gebergte (départemente Moselle en Vosges). Die Hohneck op die grens met die gewes Elsas is met 1 364 meter die hoogste berg van Lotaringe.

Tale In die gewes is naas Frans ook Lorreins gepraat, met uitsondering van die noordelike deel aan die grens met Luxemburg waar Luxemburgs en aan die grens met Duitsland waar Lotharings Frankies en Ryn Frankies as omgangstaal gebruik is.

Geskiedenis Vroeër het die volgende Lotaringiese gebiede bestaan: Koninkryk Lotaringe (843-928) Hertogdom Lotaringe (928-977) Hertogdom Neder-Lotaringe (977-1190) Hertogdom Opper-Lotaringe (977-1766)

Sien ook Elsas-Lotaringe

Bronne Franstalige en Nederlandstalige Wikipedias

Eksterne skakels

Die amptelike webwerf van die Gewestelike Raad van Lotaringe