Die Marico-Bosvelddam is geleë in die Maricorivier, Noordwes, Suid-Afrika. Die dam het 'n bakmaat van 30 miljoen m3 agter 'n wal wat 1,5 km lank en 30 m hoog is. Die water word hoofsaaklik gebruik om koring en tabak onder besproeiing te verbou. Daar is 'n natuurreservaat by die dam.

Eksterne skakel Google-kaart van die Marico-Bosvelddam by Geonames.org (cc-by)

Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Bron Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus 1995

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Noordwes