Roerdalen (Limburgs: Roerdale) is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat grens aan die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale. Die munisipale gebied het sowat 21 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 89 km².

Die munisipaliteit Roerdalen is in 1991 gestig en in 2007 saamgevoeg met die munisipaliteit Ambt Montfort.

Deur die munisipale gebied vloei die Roer-rivier, 'n syrivier van die Maas. Aan die grens met Duitsland lê die nasionale park De Meinweg.

Plekke Plekke in die munisipale gebied van Roerdalen: Aan de Berg, Etsberg, Herkenbosch, Holst, Lerop, Melick, Montfort, Paarlo, Posterholt, Reutje, Sint Odiliënberg, Varst, Vlodrop, Vlodrop-Station en Zittard.

Eksterne skakels

Die amptelike webwerf van die munisipaliteit