Ottoshoop is 'n klein dorp in die Noordwes-provinsie, Suid-Afrika.

Geskiedenis Goud is in 1875 by Ottoshoop ontdek, dieselfde jaar as wat spoelgoud by Lydenburg ontdek is. Die goudstormloop in Ottoshoop het egter eers in 1887 plaasgevind omrede meer belowende vondse op ander plekke gemaak is. Die dorp is in 1876 gestig, die vroeë dae van die goudstormloop en is na CB Otto vernoem. Hy was die landdros van nabygeleë Groot Marico. Die goud het egter gou opgeraak en vandag is die dorp slegs 'n spoorweghalte.

Besienswaardighede Naby die dorp is Bobbejaangat, 'n groot dolomitiese sinkgat van onbekende diepte wat met helder water gevul is.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Kategorie:Nedersettings in Noordwes