Goedkaro(o) is 'n benaming vir struikies soos Ankerkaroo of Goeiekaroo , Pentzia incana, en Vaalkaroo of Bitterskaapbossie, P. globosa, wat in die Karoo benut word vir die voer van kleinvee soos bokke en skape. Dit is van belang in die gebied met 'n lae reënval van 125-250 mm per jaar om oorbenutting te vermy en die bossies en grasse toe te laat om saad te skiet. Ankerkaroo is ook in die Amerikaanse staat Arizona ingevoer vir sy eienskappe as veevoer. Dit is ook in Australië ingevoer.

Ander smaaklike Karoobosse en -struike:

Kruisbessie Geelgranaat Koggelmandervoet Pleisterbossie Bietou Slanghoutjie

Verwysings Wes-Kaapse Departement van Landbou

Kategorie:Karoo Kategorie:Landbou in Suid-Afrika Kategorie:Struike