Patensie is 'n klein dorpie aan die voet van die Elandsberge in die Oos-Kaap-provinsie, Suid-Afrika. Dit is 15 km noordwes van Hankey. Die naam is 'n vervorming van die Khoikhoi-woord wat rusplek vir die vee beteken.

Distrik Daar word sitrus, tabak en groente in die distrik verbou. Daar is 'n sitruskoöperasie wat in 1928 gestig is en ook 'n tabakkoöperasie. Die Kougadam is 25 km wes van die dorp geleë.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

B.P.J. Erasmus. Op Pad in Suid-Afrika. 1995.

Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap