William McKinley Jr. (Niles, 29 Januarie 1843 – Buffalo, 14 September 1901) was die 25ste president van die Verenigde State van Amerika vanaf 1897 tot en met sy dood in 1901. Op 6 September 1901 word hy die slagoffer van 'n sluipmoordaanval. Hy is op 14 September op 58-jarige ouderdom oorlede en word opgevolg deur sy adjunkpresident Theodore Roosevelt. Ná Abraham Lincoln (1865) en James Garfield (1881) is hy die derde Amerikaanse president, wat vermoor is.

duimnael|links|Die sluipmoordaanval op William McKinley Jr. deur Leon Czolgosz op 6 September 1901 Berg Denali in Alaska is tussen 1917 en 2015 amptelik Mount McKinley genoem. Dit is met 'n hoogte van 6 194 meter die hoogste berg in die Rotsgebergte, Noord-Amerika en die Verenigde State van Amerika.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Presidente van die Verenigde State Kategorie:Amerikaanse Vrymesselaars Kategorie:Geboortes in 1843 Kategorie:Sterftes in 1901