Die Canberrastadion (ook GIO-stadion Canberra weens borgskapredes) is 'n stadion in Canberra, Australië, wat vir rugby, rugby league en sokker aangewend word en is geleë reg langs die Australiese Instituut van Sport (AIS). Die stadion is in die voorstad van Bruce wat genoem is na Stanley Bruce, voormalige Australiese eerste minister (1923–1929).

Geskiedenis duimnael|links|Sydney FC speel teen Newcastle United Jets in 2006 duimnael|links|Onthulling van die Canberrastadion se Gregan-Larkham-paviljoen op 28 April 2007 Die stadion is aanvanklik gebou met die oog op die Suidsee Spele in 1977. Daarna was dit ook die gasheer vir die 4de IAAF Atletiekwêreldbeker. Tydens die laasgenoemde byeenkoms is die wêreldrekord in die 400 m vir vroue deur die Oos-Duitser Marita Koch opgestel asook die 4x100 m aflos vir vroue. Hierdie rekords staan steeds.

In die laat 1980's is die atletiekbaan verwyder en geskuif na die opwarmstadion by die AIS. Met die nuwe reghoekige speelveld het die Canberra Raiders Rugby Leaguespan in 1990 hulle tuiswedstryde in Bruce begin speel nadat hulle meer sukses in die liga behaal het. Die verwydering van die atletiekbaan het ook meegebring dat Australiese Voetbal, meer spesifiek die Australiese Voetballiga (AFL), nou in die stadion gespeel kon word en in 1995 is die eerste AFL-wedstryd vir ligapunte tussen die Weskus Arende en Fitzroy gespeel. Daar is ook 'n aantal voorseisoenwedstryde van die AFL gespeel.

Ongeveer in hierdie tyd is ook geëksperimenteer met 'n krieketkolfblad in die middel van die speeloppervlak. Daar is 'n dag/aandwedstryd gespeel tussen twee plaaslike spanne voor 'n klein skare. Gereelde rugbywedstryde het egter nog nie plaasgevind nie.

Verdere verbeteringe is aangebring in 1997 met die oog op die Olimpiese Somerspele 2000. Die stadion het van die sokkerwedstryde aangebied wat tydens die Spele gespeel is. Hiermee is die speelveld in so 'n mate verklein dat AFL-wedstryde nie meer daar gespeel kon word nie. Die Olimpiese sokker het dus veroorsaak dat die speelveld van 'n ovaal oppervlak na 'n reghoekige oppervlak verander is. Die skare kon dus nou nader aan die aksie op die veld wees. 2000 Summer Olympics official report. Volume 1. bl. 392.

Eienaarskap Die stadion word tans besit deur die Australiese regering deur die Australiese Sportkommissie. Dit word uitgehuur aan die regering van die Australiese Hoofstadgebied wat pogings aanwend om eienaarskap van die stadion oor te neem.

Wedstryde Rugbyunie DatumSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouersSkeidsregter 22 September 1998 74–0 Rugbywêreldbeker 1999-kwalifisering 14 176 Steve Walsh 22 September 1998 26–18 Rugbywêreldbeker 1999-kwalifisering 14 176 Steve Lander 24 Junie 2000 32–25 Argentynse rugbytoer deur Australië en Engeland 15 072 David McHugh 15 Oktober 2003 36–12 Rugbywêreldbeker 2003 18 967 Steve Walsh 19 Oktober 2003 27–20 Rugbywêreldbeker 2003 19 806 Paul Honiss 21 Oktober 2003 19–14 Rugbywêreldbeker 2003 20 515 Paddy O'Brien 25 Oktober 2003 15–27 Rugbywêreldbeker 2003 22 641 Andrew Cole 13 Junie 2009 31–8 2009 midjaarrugbytoetsreeks 22 468 Romain Poite 5 Junie 2010 49–3 2010 midjaarrugbytoetsreeks 15 438 Peter Fitzgibbon

Rugbyliga Toets# Datum Uitslag Toeskouers Notas 1 26 Oktober 2008 verslaan met 36–18 9 287 Rugbyligawêreldbeker 2008 2 19 April 2013 verslaan met 32–12 25 628 2013 ANZAC toets

AFC Asië-beker 2015 DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 10 Januarie 2015 16:00 1–0 Groep A 12 552 11 Januarie 2015 18:00 4–1 Groep C 5 513 13 Januarie 2015 18:00 0–1 Groep A 8 795 15 Januarie 2015 18:00 1–2 Groep C 7 925 18 Januarie 2015 20:00 2–1 Groep B 18 457 20 Januarie 2015 18:00 2–0 Groep D 10 235 23 Januarie 2015 17:30 3–3 (6–7 straf.) Kwarteindronde 18 921

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018-kwalifisering DatumTydSpan 1TellingSpan 2ToeskouersSkeidsregter 12 November 2018 20:00 3–0 18 921 Kim Sang-woo (Suid-Korea)

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf Canberrastadion by Austadiums

Kategorie:Canberra Kategorie:Rugbystadions in Australië Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions Kategorie:Sokkerstadions in Australië