Kookhuis (ook bekend as Cookhouse in Engels) is ’n klein dorp in die Oos-Kaapprovinsie, Suid-Afrika. Die N10 nasionale pad loop deur Kookhuis en die naaste groot dorp is Somerset-Oos. Dit is ’n belangrike spoorwegaansluiting; die hooftrajek tussen Johannesburg en Gqeberha loop deur Kookhuis. Die spoorlyn vanaf Gqeberha (ou Port Elizabeth) het Kookhuis teen 1880 bereik. Daar is ook taklyne na Somerset-Oos en nog een na Oos-Londen oor Fort Beaufort.
Die Groot-Visrivier vloei deur die dorp. Naby Kookhuis funksioneer ook ’n deel van die Oranjerivierprojek, ’n tonnel wat water van die Oranjerivier van die Groot-Visrivier na die Sondagsrivier lei.
Die plaaslike NG gemeente, Visriviervallei, is by die NG gemeente Somerset-Oos ingelyf nadat die lidmate met die jare so afgeneem het dat die gemeente nie meer op sy eie kon voortbestaan nie.
duimnael|links|Die treinstasie
Sien ook Dassiedeur Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap