Hankey is 'n landelike dorp in die westelike gedeelte van die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp is in die Gamtoosvallei naby die Gamtoosrivier geleë.

Geskiedenis duimnael|links|upright|Gravering van eerwaarde William Alers Hankey op 'n monument in Hankey. duimnael|links|upright|Die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap se kenteken op Saartjie Baartman se graf in Hankey, Suid-Afrika. Die dorp het ontstaan in 1825 toe die Londense Sendinggenootskap 'n sendingstasie hier begin het. Die nuwe stasie is na William Hankey vernoem – die tesourier van die genootskap.

William Philip, seun van die bekende sendeling dr John Philip, het die moontlikheid raakgesien om die ryk spoelgrond langs die rivieroewer te besproei. Met behulp van arbeiders is 'n 270 m tonnel deur 'n klipkoppie gekap om die lande te besproei. Daar is in 1842 begin met die tonnel en dit is op 1 Julie 1845 geopen. Daar was egter 'n fratsvloed op hierdie dag in die Gamtoos, waarin William en John Fairbairn (skoonseun van dr Philip) verdrink het. Die tonnel voer tot vandag steeds water na die lande.

Die oorskot van Saartjie Baartman, wat na 'n veldtog in 2002 na Suid-Afrika teruggebring is, is hier gegrawe. Die dorp se distriksmunisipaliteit is na haar genoem.

Distrik Die distrik is 1 700 km² groot. Produkte wat verbou word is sitrus, tabak, lusern, groente en vrugte.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Eksterne skakels

Inligting oor Hankey (sa-venues.com)

Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap