Bray is 'n klein dorp in die Dr Ruth Segomotsi Mompati-distriksmunisipaliteit van die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika. Die dorp lê 220 km noord van Vryburg. Die Moloporivier vloei verby Bray.
Hier is ook 'n doeanepos vir deurgang na en van Botswana wat oop is van 07:00 tot 16:00. Die grenspos se telefoonnommer is (053) 937 0026. Departement van Binnelandse sake - SA Grensposte Die R375-streeksroete verbind die dorp met Suid-Afrika se padnetwerk.
Sien ook Grensposte van Suid-Afrika Lys van dorpe in Suid-Afrika
Eksterne skakels Inligting oor Bray (tourismnorthwest.co.za)
Verwysings
Kategorie:Grense van Botswana Kategorie:Grense van Suid-Afrika Kategorie:Nedersettings in Noordwes