Die swye van Mario Salviati is 'n Afrikaanse roman geskryf deur Etienne van Heerden wat in 2000 gepubliseer is. Dit is in Nederlands vertaal as Het zwijgen van Mario Salviati en in Engels as The Long Silence of Mario Salviati. 'n Italiaanse vertaling daarvan word ook beoog en sal na raming in April 2026 verskyn.
Keerkant van die boek lees Ingi Friedländer, 'n jong, gefrustreerde kunstenaar wat by 'n kunsmuseum in Kaapstad werk, word gestuur om 'n gesogte beeldhouwerk op die dorpie Tallejare aan die rand van die Moordenaarskaroo te probeer koop.
Tydens haar verblyf word sy geboei deur stories uit die verlede; stories oor water wat opdraand loop, oor fabelagtige rykdom uit volstruisvere, en oor Goudseput, waar die verdwene Kruger-miljoene glo begrawe lê. Sy ontrafel ook meer as een liefdesgeskiedenis, soos dié van die flambojante Meerlust Bergh en sy beeldskone Indonesiese prinses, en die hartseer verhaal van Mario Salviati en die onaansienlike Edit Aandra met haar wondermooi sangstem.
Ingi self raak bevriend met die kunstenaar Jonty Jack, wat soos 'n kluisenaar in die berg woon. Sy ervaar ook 'n diep aangetrokkenheid tot die doofstom Mario Salviati, die Italiaanse klipsnyer wat 'n groot geheim met hom saamdra.
Die swye van Mario Salviati loop 'n wye, meevoerende draai – van die vroegste pioniersgeskiedenis af, deur oorloë en ontbering, die volstruisveertydperk en die koms van die Italiaanse krygsgevangenes in die Tweede Wêreldoorlog, tot by die hedendaagse Suid-Afrika.
Dis 'n roman oor gierigheid en versweë skande; oor die verlede as gevangenis; oor mense wat onder hulle andersheid ly. Dit is ook 'n roman oor kunstenaarskap en oor bevryding.
Hoofstukopsommings Afdeling I – Blitswater Hoofstuk 1: Begin met Jonty Jack (JJ) in die hede (ongeveer 2000). Jonty Jack wat vertel van Visman Steier. Die Berghs en die Pistoriusse wat ’n geheim in die verlede vashou. Hoofstuk 2: Ingi vertrek vanaf haar werk in Kaapstad om Visman Steier te gaan probeer aankoop vir die Nasionale Versameling. Hoofstuk 3: Ingi se reis na Tallejare. Stad vs. platteland (Karoo). Die Tallejaners se nuuskierigheid en agterdog met haar aankoms. Eerste noem van volstruisvere en goud. Ingi gewaar vir Jonty Jack en huur die Klipsnyer se kothuis. Hoofstuk 4: Kaptein William Gird (Brit) en SlingerVel Xam! maak tekeninge van Afrika-diere en skiet hulle dan (om hulle van naderby te kan ondersoek en bestudeer). Word veral melding gemaak van ’n kameel. Kaptein se tekeninge bring vir hom roem in sy land, maar sy vrou verlaat hom. Gebeurtenisse van gierigheid, wantroue en dood in W. Gird se tyd, op die plek waar Tallejare nou is. Hoofstuk 5: Ingi verken die kothuis en slaap daarin. Sy hoor Edit se stem wat arias sing in die nag. Sy sien hier foto’s van Mario Salviati se lewe (sy aankoms op Tallejare, sy huwelik met Edit). Hoofstuk 6: JJ stap na die dorp om koeipis vir sy beelde te gaan haal (hy onthou sy dag, dink aan Ingi, praat met die handelaar, onthou sy andersheid as kind). Hoofstuk 7: Eerste ontmoeting tussen JJ en Ingi by JJ se huis. JJ het van sy dagga gerook en daggatee gedrink. Hy noem sy pa wat in die grot * sit en wie se waterprojek gefaal het. Hoofstuk 8: 1940 – Karel Bergh en Lettie Pistorius as man en vrou. GrootKarel se droom van die waterprojek. Die vyandskap tussen die Berghs en Pistoriusse. Hoofstuk 9: Die dae na GrootKarel se droom oor die waterprojek. Hy raadpleeg talle kenners oor hierdie projek en begin om geld in te samel. Hoofstuk 10: Ingi se eerste dae op Tallejare, vertel van die plek, sien weer vir JJ (hy is kortaf, eenkant). Hoofstuk 11: 1940’s – Die Italiaanse krysgevangenis vertrek na Tallejare per trein. Hulle word telkens by stasies op hulle pad uitgekies en afgelaai, maar Mario en Lorenzo bly agter tot in Tallejare. Hoofstuk 12: Italiaanse krysgevangenis kom aan op Tallejare. Lorenzo gaan na Prokureur en Mevrou Pistorius. Mario gaan na GrootKarel Bergh om hom te help met die bou van sy waterkanaal. Van daardie dag af, hou Mario ’n klip in sy hand vas. Hoofstuk 13: Ouma Siela Pedi se fokalisasie van die aankoms van die Italiaanse krysgevangenis. Sy onthou die Anglo-Boereoorlog en die goudwa. Meerlust en sy vrou word genoem. Ook W. Gird en die engel hou die koms van die Italiaanse krysgevangenis dop. Hoofstuk 14: JJ hou Ingi met sy teleskoop dop en dink (romanties) oor haar. Sy kom by hom aan, hulle gesels, hy beveel die Drostdy aan vir haar verdere verblyf op Tallejare. Hoofstuk 15: Ingi kom met haar motor by die Drostdy aan. Die generaal is binne die Drostdy en sit en bespiegel oor skatte en goud. Die generaal het twee obsessies: Die “Vierde Skip” en die Kruger-miljoene. Hy is ouer as die tyd. Hoofstuk 16: Mario gaan woon by en werk vir GrootKarel na sy aankoms op Tallejare. Karel wys hom sy idees vir die waterkanaal en gee hom beitels as geskenk. Hoofstuk 17: Die werk aan die blitswaterkanaal begin en word gedoen onder leiding van GrootKarel en Mario. Hoofstuk 18: Ingi ry te perd die Weemoedvlak in en JJ sit haar uit besorgdheid agterna. Hy vind haar en hulle ry saam terug. Hoofstuk 19: Die dag wat Karel Bergh vir die eerste maal sy projek toets. Die eerste poging is ’n mislukking weens die weerstand van stof en hy jag uit vernedering en skaamte weg met sy koets en perde. Mario en Lorenzo sit hom agterna, maar hy kom nooit weer terug nie. Mario sien ’n geheim. Hoofstuk 20: JJ gaan kuier by Ingi in die klipkothuis. Sy vrese – hy lewe as buitestander, maar hy hou van haar. Hoofstuk 21: Mario se persepsie van GrootKarel en Lettie se huwelik. Mario wil as eerbewys aan GrootKarel die waterprojek laat werk. Na ’n derde probeerslag is dit suksesvol en Mario word ’n held onder die dorp se inwoners. Hoofstuk 22: Ingi in die Drostdy, sy neem waar: “spokery”, magiese realisme en ook vir Mario. Hy is nou doof, stom en blind, ongeveer 80 jaar oud. Hoofstuk 23: Lettie se reis op die Windsor Castle terug na Kaapstad vanaf Londen, met pasgebore JJ (1943). Hoofstuk 24: Ingi word ontsteld oor haar verdere ontdekkings van Tallejare. Om haar te troos gaan wys JJ vir haar sy groot geheim – sy beeldetuin. Hoofstuk 25:Lettie se paar maande in Londen. Hoe die liefdesverhouding tussen haar en Karel begin het – sy het vir modeklasse gegaan by Irene Lampak en verlief geraak op Karel en hy op haar. Hoofstuk 26: Mario as ou man onthou: Italië, sy klipwerk vir Karel Bergh, Edit, maar alle herinneringe vervloei en word ook deel van die hede. Hy is doof, stom en blind, hy kan slegs voel, ruik en onthou. Hoofstuk 27: Ouma Siela Pedi se perspektief. Sy voel ’n spesiale verbondenheid aan Lettie en nader haar op die aand van GrootKarel se verdwyning. Sy noem ook haar (Siela) se aankoms op Tallejare, saam met Veldkornet Pistorius en die swart ossewa. Hoofstuk 28: GrootKarel se wegvlug met sy koets. Hy verander van kleur tydens die wegvlug en ontdek ook geraamtes met ’n Krugermunt in elk se hand. Mario en Lorenzo sien dit ook, wel na Karel. Karel vlug verder en gaan skuil in ’n ou San-grot. Hoofstuk 29: Die engel se verskyning aan Matrone Taljaard. Matrone deel met die generaal dat die engel vir haar gesê het die goud is by Goudseput. Generaal praat met Ingi oor goud. Ingi laat Mario haar reuk kry. Hoofstuk 30: Mario maak as jongman ’n beeld van Maria uit klip. Hy maak dit op Berg Onwaarskynlik staan en dit is vir die Italianers om hulle Katolieke geloof te kan beoefen. Die kerk wil die beeld afbreek, maar Mario oortuig hulle anders. Lorenzo word bestraf oor die vlek op sy gesig ’n vuur veroorsaak oor hy droom oor ’n Pistorius-dogter. Hoofstuk 31: Lettie se terugkeer na Tallejare. Sy sien die sukses van Karel se projek. Hoofstuk 32: Ingi gaan na JJ. Sy sien die kloof waarin hy al sy mislukte beelde gooi.
Afdeling II – Goudseput
Hoofstuk 1: Die swart ossewa se reis na en aankoms op Tallejare. Meerlust Bergh en Veldkornet Moloi ontvang die swart ossewa op Tallejare. Hoofstuk 2: Ingi verneem van die goudkaart in die kroeg. Goodwill Moloi (die burgemeester) bied haar ’n geleentheid huis toe aan en vertel haar van Siela se lyding saam met die swart ossewa en Veldkornet Pistorius se diefstal van een kinderhandjie. Hoofstuk 3: JJ bedink kunstenaarskap en dink oor Ingi – hy is verlief op haar, maar kies kunstenaarskap bo liefde. Hoofstuk 4: Veldkornet Pistorius gaan by Meerlust aan huis (tydens die Anglo-Boereoorlog). Hulle praat oor die wegsteek van die goud en oor Generaal Taljaard se bedrywighede tydens die oorlog, die generaal word hier reeds “oubaas” genoem. Hoofstuk 5: Ingi in die Drostdy. Sy vind uit dat Mario Matrone se pa is en sy raak Mario aan en laat hom aan haar gesig vat. Sy neem Mario uit om te gaan stap buite die Drostdy (saam met die honde). Hoofstuk 6: Terwyl JJ vir Ingi, Mario en Alexander dophou met sy teleskoop, onthou hy sy kinderjare en sy oupa Veldkornet Pistorius. Hy roep ’n ontmoeting tussen sy oupa en Siela op. Hy het in die dam geswem een Sondagmiddag en hulle dopgehou. Hoofstuk 7: Ingi stap met Mario in die dorp rond en gaan drink dan ietsie in die kroeg. Sy hoor nog stories by die eienaar, Diepkyk. Hoofstuk 8: Mario se perspektief op Ingi (wie hy Maria noem in sy gedagtes). Hy onthou sy stoeigeveg met die engel. Sy ontbering as dowe/stomme/blinde. Die generaal wat die geheim van die goud by hom wil hê. Ingi wat saam hom bergop loop. Hoofstuk 9: JJ wys aan Ingi en Mario die beeld Visman Steier. Hulle stap almal saam na Mario se Mariabeeld. Hoofstuk 10: Ingi skeer Mario se baard. Generaal onthou ’n blik op die nag wat die goud versteek is. Hy sê vir Matrone dat Mario van nou af saam met hulle aan tafel sal eet. Hoofstuk 11: Kampong Spoggerig hou ’n teepartytjie vir Lettie, om haar terug te verwelkom en JJ se geboorte te vier. Hoofstuk 12: Lorenzo in diens van die Pistoriusse. Sy liefdesverhouding met Gwen Pistorius en sy sorg vir Veldkornet Pistorius as ’n ou man – hy wil hom uitvra oor die goud. Hoofstuk 13: Ingi besoek Prokureur Sproet-Pistorius op kantoor en begin uitvra oor Mario en die gesiglose vrou. Hoofstuk 14: Die plan word beraam om die goud te begrawe. Rooibaard Pistorius en Meerlust sal die geheim deel. Die kommandolede sal moet sterf. Hoofstuk 15: Die swart ossewa word in die nag uitgeneem om die goud te gaan versteek. ’n Man wat nuus bring van Siela wat dreig om die kommandolede aan te gee, word geskiet. Hoofstuk 16: Dooies van Tallejare wat voorgekeer word deur die engel en teruggestuur word om hulle lewe te gaan herhaal (magiese realisme). Ingi kom af op ’n stoeigeveg tussen Mario en die engel in Mario se kamer een nag. Hoofstuk 17: Ingi onthou die vorige nag toe sy langs Mario gaan lê het (na sy stoeigeveg met die engel). Die generaal kry die engel se “goudstof” in Ingi se hare. Hoofstuk 18: Ingi vlug na JJ en bespreek met hom Tallejare se geheime en se greep op haar. Hoofstuk 19: Goodwill vertel vir Ingi van die eerste beeld wat JJ ooit gemaak het. ’n Borsbeeld van Rooibaard Pistorius, wat JJ vir Siela gebring het. Hoofstuk 20: W. Gird en KleinTietie Xam! verwek vir Saartjie Bruin. W. Gird praat oor kunstenaarskap. Hoofstuk 21: Ingi trek Tallejare se stamboom. Hoofstuk 22: Verdere bespiegelings oor die stamboom. Ingi sien Siela en die vrou sonder die gesig wat saam in die nag wegstap (magiese realisme). Hoofstuk 23: Ingi en JJ gaan swem in Lampaksdam.
Afdeling III – Mannekynveer
Hoofstuk 1: JJ praat met Ingi oor die swart ossewa. Hy vertel dat die engel by hom kom tee drink. Hy vererg hom oor Visman Steier. Hoofstuk 2: Karel Bergh word gebore (ongeveer 1888) met ’n klont goud in sy hande – word as ’n voorbode gesien vir dit wat sou kom (gierigheid t.o.v. goud, water, vere). Hoofstuk 3: Ingi word verstrengel met die swart ossewa se verhaal. Rooibaard Pistorius dreig vir Siela en Moloi om niks te sê van haar tyd saam met die swart ossewa nie (die aand van die wegsteek van die goud).