Amalia is 'n nedersetting in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika. Die dorpie lê 30 km suidwes van Schweizer-Reneke.

Geskiedenis Die dorpie is in 1927 as kerkdorp gestig met die ontstaan van die plaaslike NG gemeente en genoem na Amalia Faustman (gebore Mostert, op Stellenbosch), wie se man, ds. George Faustmann, leraar van die moedergemeente Schweizer-Reneke was van 1891 tot 1915.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Noordwes