Martino (Tienie Brits) was Suid-Afrika se bekendste kulkunstenaar. Hy was veral bekend vir sy frase "Kul jou hier, kul jou daar en siedaar! Sy eerste TV-reeks, Die Kulkuns van Martino, is in die tagtigerjare op Suid-Afrikaanse televisie uitgesaai.

Biografie Martino het op 17-jarige ouderdom begin om sirkustoertjies te doen. Hy het in towerkuns begin belangstel en sowat drie jaar lank in die Pretoria-omgewing saam met sy broer en andere as deel van die Martino Trio opgetree. Hy het daarna op sy eie as kulkunstenaar begin optree.

Hy is in 1996 met maagkanker gediagnoseer en dokters het 55% van sy maag verwyder. Hy het na ’n operasie 'n sepsis aan sy dermkanaal ontwikkel. Hy is op 25 Februarie 2011 op 64-jarige ouderdom oorlede.

Verwysings

Kategorie:Kulkunstenaars