Anderlecht is 'n Belgiese stad en munisipaliteit in die Brusselse Hoofstedelike Gewes. Die munisipale gebied het sowat 108 000 inwoners (2011) en 'n oppervlakte van 18 km². Die amptelike tale is Nederlands en Frans.

Dit is 'n ou plek, Anderlecht word al omstreeks 1050 in geskrifte genoem.

Die munisipaliteit beskik oor 'n belangrike voetbalklub, die RSC Anderlecht.

Eksterne skakels

Die amptelike webwerf van die munisipaliteit

Kategorie:Munisipaliteite in die Brusselse Hoofstedelike Gewes Kategorie:Stede in die Brusselse Hoofstedelike Gewes