La Louvière (Pikardies en Wallonies: El Lovire) is 'n Belgiese stad en munisipaliteit in die Waalse provinsie Hainaut. Die munisipale gebied het 'n oppervlakte van 64 km² en sowat 78 000 inwoners (2011).

Vroeër was La Louvière 'n gehug van Saint-Vaast gewees, maar danksy die Industriële Revolusie (die steenkool-ondernemings) het La Louvière sterk gegroei en in 1869 'n munisipaliteit geword.

Plekke Plekke in die munisipale gebied van La Louvière:<br/ > Besonrieux, Boussoit, Haine-Saint-Paul, Haine-Saint-Pierre, Houdeng-Aimeries, Houdeng-Gœgnies, La Louvière (stad), Maurage, Saint-Vaast, Strépy-Bracquegnies en Trivières.

Eksterne skakels

Die amptelike webwerf van die munisipaliteit

Kategorie:Munisipaliteite in Hainaut Kategorie:Nedersettings in Hainaut Kategorie:Stede in Wallonië