Broers is 'n Afrikaanse musiekgroep wat uit die Snyman-broers, Christo, Cobus en Stephan bestaan. Die jongste broer, Stephan, gebruik die verhoognaam Nic Stevens vir sy solo-loopbaan. Die twee ouer broers tree ook saam onder die verhoognaam Christo en Cobus op.

In 2008 het hulle treffer Huistoe 'n Tempo-nominasie ontvang as gewildste liedjie van die jaar en die Broers se DVD, "Broers Tussen die Sterre" is genomineer vir die kategorie, beste DVD van die jaar.

Diskografie 10 000 Myl DVD, 2010 SMP/SELECT 10 000 Myl, 2009 SMP Tussen die Sterre DVD, 2006 SMP/SELECT Broers, SMP

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musiekgroepe

Eksterne skakels Die Broers se amptelike webtuiste

Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe