Rehovot of Rechovot - 'uitgestrekte plek', Hebreeus: רחובות , Arabies: رحوفوت , is 'n Israeliese stad en munisipaliteit in die Sentrale distrik. Die munisipale gebied het 138 000 inwoners (2017) en 'n oppervlakte van 23 km². Die stad is in 1890 deur Poolse Jode gestig.

Belangrike geboue is die Weizmann Instituut vir Wetenskap, die Kaplan-siekehuis en die landbou-fakulteit van die Hebreeuse Universiteit van Jerusalem. Danksy die Weizmann Instituut is daar baie inligtingstegnologie-ondernemings. Daar word ook baie lemoene gekweek.

Sedert 2009 is Rahamim Malul (Shas) burgemeester van die munisipaliteit.

Geboortes Tzipi Hotovely (1978), joernalis, politikus en diplomaat

Sterftes Olga Kirsch (1924-1997), Afrikaanse digter

Eksterne skakels Die amptelike webwerf van die munisipaliteit Rehovot , inligting oor Rehovot

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Israel