Alvin Bruinders (gebore in 1975) is 'n Afrikaanse akteur, komediant, seremoniemeester, radio-omroeper en sanger. Hy is veral bekend vir sy rolle in TV-programme soos Vetkoekpaleis, Gautengaleng, Stoute Boude en Andries Plak (SAUK2, deur PG du Plessis geskryf).
Hy was in 2002 in 'n ernstige motorongeluk en moes verskeie operasies ondergaan. Daar is onder meer staalpenne in sy arm geplaas om die gebruik van een van sy hande te behou.
Bruinders is op 16 Desember 2006 met die sangeres Anrika in die eg verbind.
Diskografie Kom Jol Saam Met My Die Stoutgat 1 From The Heart
Filmografie Molly en Wors die Movie, 2013 as Melvin Vetkoekpaleis, TV-reeks, as die verkeerskonstabel Gautengaleng Vir Beter of Baie Beter, TV-reeks as Colin, die buurman Andries Plak
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Suid-Afrikaanse komediante Kategorie:Geboortes in 1975 Kategorie:Lewende mense