Kevin Leo (gebore 18 Augustus 1971 in Rustenburg) is 'n Suid-Afrikaanse sanger wat opera- en ligte Afrikaanse liedjies sing. Hy tree ook gereeld saam met Jakkie Louw op onder die verhoognaam Jakkals en Leo; en saam met Mathys Roets en Danie Niehaus as Drie van die Bestes. Hy is bekend vir treffers soos Se C´est la vie, Ek sal jou nooit vergeet en Liewe broer.Kevin Leo, Suid-Afrika se eie Botcelli , musiek,co.za, besoek op 10 Desember 2010.
In 1994 dring hy deur tot die finale rondte van die Crescendo-kompetisie in die afdeling mansvokaal.
Leo neem in Junie 2006 aan die internasionale operakompetisie Valsesia Musica in die Piëmontese Valsesia-Alpevallei in Italië deel en behaal die vierde plek. Tydens die wennerskonsert is Leo as Pavarotti Pocco of Klein Pavarotti voorgestel.
Albums Sentimental Christmas Sentimental Duets Se, C'est La Vie VOiCE, 2003 Met Die Treffers Se, C'est La Vie, 1999 Jy's Ongelooflok Gé - Lied van my lewe XXI - Gospel Album
Filmografie Pretville, 2012 Ek lief jou, 2011 Liefling, 2010
Verwysings
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars
Eksterne skakels Leo se amptelike webtuiste
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1971 Kategorie:Lewende mense